Solidariteit het die onsekerhede in ons land raakgesien en besluit om iets positiefs daaraan te doen met jou hulp. Die Solidariteit Beweging besef hoe noodsaaklik goeie opleiding in skaars vaardighede is en dit is juis die knelpunt wat deur die Boufonds aangepak word. Met reeds bestaande Solidariteit-opleidingsinstansies, Sol-Tech en Akademia, word jongmense die geleentheid gebied om vir hulself die nodige kennis te bekom om as ʼn minderheidgroep in ʼn meederheid- samelewing te kan floreer.

Die Boufonds is deur Solidariteit tot stand gebring omdat die vakbond glo dat kennis die beste manier is om sy lede in die nuwe, onsekere ekonomie te beskerm. Die Boufonds het juis ten doel om na die behoefte van sy mense en die toekoms om te sien.
Ons fokus op ʼn veilige en hoëgehalte-opleidingstoekoms.

Akademia
Ons BOU ʼn veilige Afrikaanse hoëronderwysinstelling waar skool- verlaters en werkendes deeltyds geakkrediteerde kwalifikasies van hoë gehalte kan verwerf, met ʼn begeleideondersteuningsmodel om hoë kwaliteit en ondersteuning te verseker.
www.akademia.ac.za

Sol-Tech
Sol-Tech is ʼn privaat tegniese opleidingskollege wat ʼn uitgebreide reeks kursusse in skaars vaardighede aanbied. Sol-Tech is reeds 10 jaar in die bedryf, en het al meer as 6000 gekwalifiseerde ambags- manne suksesvol opgelei. Sowat 1 000 jong, voornemende ambagslui is in opleiding deurlopend die jaar
www.sol-tech.co.za

Aros
Aros is een van vier geakkrediteerde privaat instansies wat onderwy- sers oplei. Aros is egter die enigste Afrikaanse privaat instansie. Die Boufonds het in 2016 R200 000 vir die oprigting van ʼn nuwe sentrum bygedra.
www.aros.ac.za
  • R50 miljoen is al deur die Solidariteit Boufonds en die Virseker Trust uitbetaal om Akademia te bou.
  • Sol-Tech is teen ʼn koste van meer as R50 miljoen opgerig.
  • Die Boufonds het in 2016 R200 000 vir die oprigting van ʼn nuwe sentrum by Aros bygedra.
  • Net die beste toerusting en tegnologie word gebruik.
Boufonds Teken In 2017
SMS STUDEER na 34802 (R1/SMS) of klik hier vir meer inligting.
Ons BOU aan ’n beter samelewing. Ons BOU aan ’n beter toekoms vir ons nageslag, en ons nooi jou om saam met ons te KOM BOU. Klik hier om die Boufonds te ondersteun.


Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close