Akademia se suksesmodel vir die ondersteuning van afstandsonderrigstudente berus op kontak met dosente en medestudente. Om studente te akkommodeer wat nie naby een van die 13 Akademia-studiesentrums geleë is nie, het dié hoëronderwysinstelling ’n blokmodel toegevoeg tot die huidige nauurse onderrigleermodel.
Hierdie onderrigmodel is spesiaal ontwikkel om studente te akkommodeer wat meer as 80 km van ’n Akademia-studiesentrum woon of wat weens mediese of werkomstandighede nie die nauurse klasse in ’n akademiese jaar kan bywoon nie. Die model sal nog méér studente toegang gee tot gehalte-hoëronderwys in Afrikaans.
Anders as die huidige onderrigleermodel, waar studente 11 nauurse klasse per module bywoon, hoef studente in die blokmodel slegs vier keer per jaar tydens werkure vir twee opeenvolgende dae lesings by Akademia-studiesentrums by te woon. Die model rus studente toe om letterlik énige plek, landwyd en in Namibië, by Akademia te kan studeer met die nodige ondersteuning om hul kwalifikasie suksesvol te voltooi.
Die gekombineerde metode van hoëronderwys by Akademia – afstandsleer aangevul met ’n klaservaring – is oor die jare as ’n wenresep bewys. Die voordele hiervan sluit onder meer die volgende in:
Studente kan nou reeds aansoek doen om op die blokmodel te studeer vir die 2019- akademiese jaar. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting oor hierdie nuwe model.
Oops! We could not locate your form.