Solidariteit bou om te bly. Ons het groot drome en daarom begin ons eersdaags aan die nuwe, groter Sol-Tech-kampus bou.
Sol-Tech is tot dusver gebou met klein bydraes van baie, baie mense, en dít is hoe ons hierdie duisende stene in die nuwe kampus ook gaan neerlê. Bydraes van nog duisende mense – mense soos ek en jy – wat gaan sê ons bou om te bly, net hier. Ons gaan nêrens heen nie. Ons wil jou nooi; dra hiertoe by, borg ’n steen, help ons om te bou, help om ’n fondasie te bou vir die toekoms. En, dit is eenvoudig om dit te doen. Kom in die eerste plek, op 13 September en kuier saam met ons.
Kom kuier saam, maar meer nog, borg ’n steen deur die woord BOU na 34802 te SMS, of vul die onderstaande vorm in en word deel van die Solidariteit Boufonds.
WORD DEEL VAN DIE BOUFONDS
Solidariteit bou om te bly en ons gebruik jou bydraes vir boustene.
Meer oor Sol-Tech Skoudag:
Solidariteit droom en werk nou al geruime tyd aan ons plan om self ’n toekoms te bou waarin Suid-Afrikaners vry, veilig en voorspoedig kan leef.
Na harde werk en deeglike beplanning skop Solidariteit op 13 September af met ’n Sol-Tech-skoudag waar ons hierdie gronde met ’n sooi spit gaan inwy.
Hiermee nooi Solidariteit jou uit om hierdie dag by te woon. Jy wat met jou bydraes, boustene vir hierdie projek gegee het, jy wat Sol-Tech-alumni is, jy wat ’n bekommerde ouer is, jy wat die toekoms vir môre is en jy wat nog onseker is oor wat die toekoms inhou.
Ons gaan feesvier soos egte Suid-Afrikaners. Ons gaan braai, musiek maak en dans, want hierdie dag moet gevier word. Met die nuwe tegnologie gaan ons jou verder die geleentheid gee om ’n virtuele toer van die Sol-Tech-kampus te doen en gaan jy deel wees van die geskiedenis wat gemaak word vir jou nageslag.
Kom kyk na die toekoms. Bly om te bou. Sol-Tech is net die begin!