Artikels

Dinsdag | 11 Desember | 2018 Akademia | Van toeka tot toekomsplanne

Dit is bykans tien jaar gelede dat daar begin werk is aan die vestiging van ʼn selfstandige Afrikaanse universiteit. Hierdie groot projek is aangepak teen die agtergrond van voormalige technikons se samesmelting met universiteite onder leiding van die destydse minister van hoër onderwys, Kader Asmal. Die gevolg van hierdie samesmeltings was dat minder Afrikaanse studente […]

Dinsdag | 11 Desember | 2018 Akademia betree die geesteswetenskappe

Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia het op Vrydag 31 Augustus 2018 ’n eerste kwalifikasie in geesteswetenskappe bekendgestel tydens ’n eksklusiewe byeenkoms in Centurion. Hierdie kwalifikasie – BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) – sal vanaf 2019 by Akademia se 13 studiesentrums aangebied word. Akademia se toetrede tot ’n geesteswetenskaplike rigting is ’n besonderse prestasie, aangesien dit deel […]

Dinsdag | 11 Desember | 2018 Akademia spog met akkreditasie by professionele rekeningkunde liggaam

Akademia spog daarmee dat haar BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie geakkrediteer is deur CIMA (Chartered Institute of Management Accountants), die grootste vooraanstaande professionele liggaam vir bestuursrekenmeesters in die wêreld. “CIMA se internasionale erkenning beteken dat Akademia se huidige en afgestudeerde BCom (Bestuursrekeningkunde)-studente sekere vrystellings ontvang om sodoende makliker en vinniger hulle professionele lidmaatskap by CIMA te bekom,” verduidelik […]

Donderdag | 14 Junie | 2018 Nampo Wit “kieries” wandel by landbouskou

“Waar kan ek ook een van daardie wit kieries kry waarmee almal hier rondloop?” wou talle besoekers aan Graan SA se onlangse Nampo-skou weet. Dié wit “kieries” is oral op die skouterrein opgemerk en nuuskieriges en belangstellendes is sonder omhaal in die rigting van Sol-Tech se stalletjie gestuur. Die hoofdoel van Sol-Tech se uitstalling was […]

Donderdag | 14 Junie | 2018 Akademia nou selfs méér toeganklik

Akademia se suksesmodel vir die ondersteuning van afstandsonderrigstudente berus op kontak met dosente en medestudente. Om studente te akkommodeer wat nie naby een van die 13 Akademia-studiesentrums geleë is nie, het dié hoëronderwysinstelling ’n blokmodel toegevoeg tot die huidige nauurse onderrigleermodel. Hierdie onderrigmodel is spesiaal ontwikkel om studente te akkommodeer wat meer as 80 km […]

Dinsdag | 05 Desember | 2017 “Stortvloed” van kommentaar op Wysigingswetsontwerp op die Skolewet, hoor parlementêre portefeuljekomitee

Die Parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys het in die laaste week van November in ʼn voorlegging van die departement van onderwys gehoor dat ʼn oorweldigende hoeveelheid kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op die Skolewet ontvang is. Dit volg nadat Solidariteit nagenoeg 100 000 kommentare aan die departement oorhandig het. Hubert Mweli, direkteur-generaal van die departement van basiese […]

Vrydag | 10 Maart | 2017 Sol-Tech onthul nuwe handelsmerk

Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, kyk met trots terug na die welslae van die afgelope tien jaar. “Ons grootste suksesstorie is sekerlik die ongelooflike prestasies wat ons oudstudente in hul werkplek bereik. Bykans 95% van ons gekwalifiseerde studente het werk!   “Ons het egter nog groot drome en het gevoel dat die tyd […]

Vrydag | 10 Maart | 2017 Moedertaalonderrig

Moedertaalonderrig bly ʼn saak na aan die hart. Nie net is dit te sien by universiteite wat vuiste swaai daaroor nie, maar ook by gesprekke om die braaivleisvuur waar daar bespreek word wat die beste is – ʼn algemene opleidingstaal of in jou moedertaal.   Prof. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê […]

Vrydag | 10 Maart | 2017 Kamaraadskap David en Markus se unieke paadjie saam.

Dawid Nkosi (25) en Markus Maartens (24) het sedert die vorige uitgawe van die Solidariteit Tydskrif verdere bande gesmee met ʼn unieke geleentheid wat oor hulle pad gekom het. Hierdie twee Sol-Tech-studente het opspraak gemaak met hul kameraadskap. Beide is doof en deur mekaar te help, kon hulle ʼn kursus aanpak om as elektrisiëns te […]

Vrydag | 10 Maart | 2017 The Voice SA – Almur laat die draaibanke sing

Almur Marais, ʼn trotse Sol-Tech-student van Stilfontein, het aanvanklik Pretoria toe gekom om as passer en draaier te kwalifiseer. Daarbenewens het hy homself ook vergewis van alles wat met musiek te doen het en dit is hoe hy sy volgende groot droom bewaarheid het. The Voice South Africa is vir die eerste keer hierdie jaar […]

Vrydag | 10 Maart | 2017 Wat kenmerk Sol-Tech?

Sol-Tech, die opleidingskollege van die Solidariteit Beweging behaal die  een sukses ná die ander  met uitmuntende groei en vooruitgang. Sol-Tech staan reeds bekend as een van die top-ambagsopleidingsinstansies in Suid-Afrika, met sy uitmuntende slaagsyfer, suksesvolle studente, nuutste toerusting en kundige personeel.  Oordeel self:   ʼn Merkwaardige kampus met moderne toerusting ter waarde van sowat R35 […]

Vrydag | 10 Maart | 2017 Die voorkeurinstelling vir ambagsopleiding

Wie is Sol-Tech?   Sol-Tech is ’n privaat tegniese opleidingskollege wat deur die Solidariteit Beweging tot stand gebring is. Die kollege is op Christelike waardes gefundeer en gebruik Afrikaans as onderrigmedium. Sol-Tech bied formele opleiding in die volgende ambagte in goed toegeruste werkswinkels: elektrisiën, meulmaker, dieselwerktuigkundige, trekkerwerktuigkundige, passer en draaier,  gereedskapmaker en sweiser. Die hoofkampus […]

Woensdag | 02 Maart | 2016 Flip Buys se wenresep: Skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes.

Deur:  Juran van den Heever Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het by Akademia se opening van sy nuwe gebou sy toespraak geopen met sy Wenresep “skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes.” Die wenresep se bestanddele: Neem een groot krisis, meng dit met leierskap en visie, gooi ‘n paar stewige “skudde” wilskrag by, versterk […]

Woensdag | 02 Maart | 2016 Akademia mors nie met krisisse nie

Deur:  Juran van den Heever Wenresep se bestanddele: Neem een groot krisis, meng dit met leierskap en visie, gooi ‘n paar stewige “skudde” wilskrag by, versterk die mengsel met kinderlike geloof, verdun dit met Helpmekaar energie, klits hope harde werk by, ‘n knypie broedertwis na smaak, versoet met ‘n strewe na uitnemendheid, en bak vir […]

Woensdag | 02 Maart | 2016 Akademia stel nuwe kampus en groeiplanne bekend

Deur Juran van den Heever Akademia het onlangs sy nuwe perseel, geboue en tegnologie in Centurion bekendgestel, en ook aankondigings oor ‘n versnelde ontwikkelingsplan en wyses waarop dit ondersteun kan word, gedoen. Tydens die bekendstelling het ‘n kliplegging plaasgevind, simbolies ter ondersteuning van die oprigting van ‘n nuwe universiteit. Deelnemende organisasies sluit onder meer in die […]

Maandag | 29 Junie | 2015 Entrepreneurs is die oplossing

Op 19 Junie skryf Flip Buys dat die enigste oplossing vir werkloosheid, werk is. Dit klink nogal eenvoudig. Eintlik lyk dit nogal voor die hand liggend. Dit voel eintlik so ’n bietjie simpel om tot so ’n eenvoudige slotsom oor so ‘n moeilike onderwerp te kom. As mens egter daaroor begin dink, is die probleem […]

Maandag | 29 Junie | 2015 ‘n Kultuur van voortbou

Die Helpende Hand Studiefondssentrum het laasjaar aan 1 430 studente die geleentheid gebied om te kan studeer. Die Studiefondssentrum het ongeveer R62 miljoen rentevry aan studente geleen. Deur aan studente rentevrye studielenings te bied, gun dit daardie studente die geleentheid om te studeer en eers aan die einde van hul studies slegs die kapitaal wat […]

Maandag | 29 Junie | 2015 Weg met Afrikaans by Kovsies

Die Universiteit van die Vrystaat het onlangs aangekondig dat hy ’n taalkomitee gaan aanstel wat sal besin oor die huidige taalbeleid by die universiteit. Die komitee sal dan aanbevelings aan die universiteitsraad maak oor hoe die toekomstige taalbeleid by die universiteit moet lyk. Daar is egter baie onsekerheid oor die voortbestaan van Afrikaans as onderrigtaal […]

Maandag | 29 Junie | 2015 Hoekom bou ons?

Die Solidariteit Beweging is bekend vir die selfdoen-instellings wat deurgaans op die been gebring word. Dié instellings fokus elkeen daarop om ’n spesifieke leemte in die gemeenskap te vul, hetsy dit welsynswerk, burgerregte of arbeidsake is. Elk van hierdie instellings is unieke voorbeelde van ongelooflike potensiaal wat ontsluit word en behoeftes waaraan voldoen word. Die […]

Maandag | 18 Mei | 2015 Sol-Tech baan die weg

Sol-Tech het reeds aan die begin van 2015 ‘n rekordgetal inskrywings ontvang: Die weg is gebaan vir ’n baie suksesvolle jaar. Dat die Afrikaanse tegniese kollege van krag tot krag gaan, is nie altemit nie. Sol-Tech streef voortdurend daarna om op die voorpunt van vernuwing te wees en die voortou te neem wat nuwe tegnologie […]

Maandag | 18 Mei | 2015 Solidariteit bied unieke studievoordele vir sy lede

Met Solidariteit se fokus op die uitbou van opleidingsgeleenthede en ook om jongmense by te staan om opleiding te ontvang, bied die vakbond unieke studieafslag en lenings aan sy lede. As lid van Solidariteit kan jy 20%-afslag kry by Akademia, die Solidariteit Beweging se eie Afrikaanse universiteit. Hierdie afslag behels ʼn bedrag van tussen R3 000 […]

Maandag | 18 Mei | 2015 ’n Aanlyn loopbaangerigte vakbond

Met die bekendstelling van die Solidariteit Wêreld-webwerf gons dit letterlik oor alles wat die webtuiste vir jou in jou persoonlike en werkslewe bied. Die omvattende webwerf maak van Solidariteit ’n volwaardige kuberunie en word gesien as ’n eerste in die vakbondwese; nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, […]

Maandag | 30 Maart | 2015 Volgehoue druk gee PUK, vir nou, blaaskans

Om te bou beteken nie altyd dat ʼn mens van voor af begin nie. Dit is ook om dit wat goed is te behou en daarop voort te bou. En presies dít is die doel van Solidariteit se steun aan die #ProPuk-veldtog. Met die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit tans onder geweldige druk as gevolg […]

Maandag | 30 Maart | 2015 Solidariteit omhels vooruitsigte van nuwe fase

Die Solidariteit Beweging het onlangs ‘n fase, wat geskoei is op die beginsel en uitbouing van ‘Beter Werk’, geloods. Tesame met dié herposisionering is daar ook besluit om die destydse ‘Groeifonds’ na die ‘Boufonds’ te skakel omdat die vakbond glo dat die beste manier om sy lede in die nuwe, onsekere, ekonomie te beskerm, is […]

Maandag | 30 Maart | 2015 Al BOUend gaan ons saam die toekoms in

“Dit gaan nie oor taal nie, dit gaan oor ras. Blade Nzimande en kie. wil nie minder Afrikaans hoor op die kampusse nie, hulle wil minder Afrikaners sien. Die teiken is ras, die slagoffer is Afrikaans.” So sê mnr. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging in ’n onlangse onderhoud met Hanlie Retief. Dit volg […]

Maandag | 30 Maart | 2015 Akademia: Fondament vir Afrikaanse Harvard

Met die onlangse onsekerheid rondom die Puk-kampus van die Noordwes-Universiteit se toekoms as Afrikaanse bastion, is die opbou van ʼn alternatief vir Afrikaanssprekendes wat in hul moedertaal wil studeer, van onskatbare belang. Solidariteit se hoëronderriginstelling, Akademia, is besig om die eerste treë te gee om sy uiteindelike doel te verwesenlik: ʼn Afrikaanse Harvard. Volgens Flip […]

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close