Geskiedenis is op 20 Maart gemaak toe ’n uitgesoekte groep mense bymekaargekom het om ’n gedeelte van die nuwe Sol-Tech-kampus se muur te bou as deel van ’n hoeksteenlegging.
“Met die neerlê van hierdie stene is daar konkrete vergestalting aan ons groot droom gegee, naamlik om ’n wêreldklaskampus te bou waar ons duisende roepingsgedrewe ambagslui kan oplei tot voordeel van Suid-Afrika,” het Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, tydens die geleentheid gesê.
Sol-Tech wil graag die lede van hierdie groep bedank vir die fundamentele rol wat hulle in die ontwikkeling, totstandkoming en groei van Sol-Tech gespeel het, en nog gaan speel.
Tydens hierdie geleentheid het dr. Dirk Hermann gesê: “In hierdie moeilike en onseker tye gee hierdie kampus ’n mens hoop – hierdie kampus wys vir ons daar is ’n toekoms in Suid-Afrika en dit is nou belangriker as ooit om almal saam te bou aan hierdie toekoms.”
Op 13 September 2019 is die eerste sooi van Sol-Tech se nuwe kampus gespit. Die oprigting van die nuwe kampus en koshuisgeriewe gaan sowat R300 miljoen kos. In Februarie 2021 gaan die eerste studente op die nuwe kampus verwelkom word.
Oops! We could not locate your form.